Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 167

Spreuke 17:9-11

Bybelteks(te)

9Wie 'n verkeerde optrede teenoor homself verontagsaam,

soek goeie verhoudinge;

wie 'n saak bly ophaal,

bring verwydering tussen vriende.

10'n Enkele dreigement maak meer indruk op 'n verstandige mens

as honderd houe op 'n dwaas.

11'n Slegte mens is net op kwaad uit,

maar iemand sal gestuur word om hom te straf.

SPREUKE 17:9-11AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 9. Jou houding teenoor mense bepaal hoe jy hulle oortredinge gaan hanteer. As jy oortredinge “bedek”, wys dit jou liefde. As jy vorige oortredinge gedurig ophaal, breek jy verhoudings selfs tussen boesemvriende (vgl Spr 10:12).

Dit beteken natuurlik nie dat sonde oorgesien word nie. “Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang.” (Spr 28:13). Dit beteken ook nie dat jy nie ander oor sonde tereg moet wys nie. “’n Openlike bestraffing is beter as liefde wat onsigbaar bly. Op ’n vriend wat jou seermaak, kan jy reken; iemand wat jou haat, is oordadig met sy soene.” (Spr 27:5-6).

Maar dit leer ons om in liefde te lewe.

Vers 10. Verstandige mense is ‘n honderd keer meer sensitief vir dreigemente as dwase. Vers 11. ‘n Bose mens wil net rebelleer, maar die kwaad wat só ‘n mens beplan, haal uiteindelik homself in. Daarvoor sorg God (vgl vers 13).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS