Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 164

Spreuke 17:4-5

Bybelteks(te)

4Wie op onreg uit is, luister gretig na kwaadwillige woorde;

wie van valsheid hou, hoor graag woorde wat verderf saai.

5Wie met 'n arm mens spot, beledig sy Maker;

wie hom verheug oor die ongeluk van 'n ander,

sal self nie vrykom nie.

SPREUKE 17:4-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 4. Jou integriteit bepaal waarna jy luister. Waarna jy luister, wys weer wat jou integriteit is. “Evil words die without a welcome; and the welcome gives us away.” (Kidner). Vers 5. Jou perspektief oor arm mense en mense wat teenspoed beleef, sê ten diepste wat jy van God dink. Jy sal nie ongestraf bly nie.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS