Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 163

Spreuke 17:2-3

Bybelteks(te)

2'n Verstandige slaaf sal gesag kry oor 'n seun

wat 'n verleentheid is

en sal 'n erfgenaam word saam met die seun se broers.

3Silwer word in 'n smeltkroes gelouter en goud in 'n oond,

maar dit is die Here wat die gesindheid toets.

SPREUKE 17:2-3AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 2 bevestig die waarheid dat vermoëns beter is as voorregte. ’n Verstandige slaaf sal gesag kry oor ’n seun en sal saam met hulle erf. ’n Spreuk wat bewaarheid is in die lewe van Salomo. Sy onderdaan, Jerobeam, het al hoe meer gesag gekry in die koninkryk weens sy vermoëns. Met Salomo se dood het hy die noordelike tien stamme laat wegbreek (geërf) van die suidelike twee stamme onder Salomo se seun, Rehabeam, wat weens sy dwaasheid ’n verleentheid vir Israel geword het (1 Kon 11). Vermoëns troef voorregte. Vers 3 verwoord die waarheid dat die smeltkroes van die lewe – uitdagings en beproewinge – deur die Here gebruik word om ons binnekant te suiwer soos ’n goudsmid of silwersmid. Hy verhoog daardeur ons deugsaamheid (vgl Spr 27:12 vir ’n soortgelyke spreuk).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS