Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 162

Spreuke 17:1

Bybelteks(te)

1Liewer 'n stukkie droë brood met vrede daarby

as 'n huis vol kos met 'n getwis daarby.

SPREUKE 17:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke 17 gaan oor verhoudings. Verhoudings maak saak. Dit sluit die volgende in:

  • Familieverhoudings (vers 2, 6, 21, 25);
  • Gesinsverhoudings (vers 2, 6, 17, 21, 25);
  • Huweliksverhoudings (vers 1);
  • Werksverhoudings (vers 2);
  • Regsverhoudings (vers 8, 15, 18, 20, 23, 26);
  • Vriendskapsverhoudings (vers 9, 17);
  • Gemeenskapsverhoudings (vers 5, 7, 11, 12, 13, 16, 19, 24, 27, 28);
  • Verhouding met jouself (vers 22).

Vers 1 sê gebrek en vrede is verkiesliker as oorvloed en getwis (vgl Spr 17:14,19). Die agtergrond is die maaltydoffer by die tempel waarvan die familie ‘n groot deel van die vleis self kon geniet en ook met vriende kon deel. As die maaltydoffer dus ‘n strydoffer geword het, weens konflik, was dit duidelik beter om liewer net ‘n stukkie brood te eet in stilte en vrede.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS