Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 161

Spreuke 16:31-33

Bybelteks(te)

31Ouderdom is 'n sierlike kroon;

dit word bereik deur dié wat reg lewe.

32'n Geduldige mens het meer waarde as 'n bedrewe vegter,

'n mens met selfbeheersing meer as iemand wat 'n stad inneem.

33Mense kan loot,

maar die Here bepaal hoe dit uitkom.

SPREUKE 16:31-33AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 31 beklemtoon dat ouderdom ’n geskenk is vir dié wat reg lewe. Vers 32 beklemtoon dat geduld en selfbeheersing noodsaaklik is, selfs in oorlog. Vers 33 rond die hoofstuk af en herhaal weer die sentrale boodskap van vers 1, pragtig vertaal in die 1983-vertaling: “Mense kan loot, maar die Here bepaal hoe dit uitkom.”

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS