Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 160

Spreuke 16:28-30

Bybelteks(te)

28Iemand wat die waarheid verdraai, veroorsaak twis,

iemand wat skinder, bring verwydering tussen vriende.

29Iemand wat niks ontsien nie, mislei sy naaste

en laat hom 'n verkeerde pad loop.

30Wie met sy oog knik, wil die waarheid verdraai;

wie sy lippe saampers, is vasbeslote oor 'n boosheid.

SPREUKE 16:28-30AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke leer ons dat die waarheid kosbaar is. Vers 28. 1983-vertaling vertaal pragtig: “Iemand wat die waarheid verdraai, veroorsaak twis. Iemand wat skinder, bring verwydering tussen vriende.” The Message is ook in die kol: “Troublemakers start fights; gossips break up friendships.” Vers 29 waarsku jou teen iemand wat geweld lief het. Hy kan jou saamneem op ’n “nie-goeie pad.” Dit is ’n geval van onderbeklemtoning in Spreuke. Spreuke bedoel eintlik ’n allerverskriklike pad! Vers 30 waarsku jou om mense se gesigsuitdrukkings fyn dop te hou. ’n Gefladder met die oë (shifty eyes) kommunikeer oneerlike of perverse dade. Saamgeperste lippe kommunikeer moeilikheid – a clenched jaw signals trouble ahead.” (The Message).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS