Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 159

Spreuke 16:26-27

Bybelteks(te)

26'n Werker se honger laat hom werk,

sy behoefte aan kos dryf hom.

27'n Kwaadwillige mens bring net teenspoed;

wat hy sê, is soos 'n verterende vuur.

SPREUKE 16:26-27AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 26 stel die eeu-oue waarheid: honger is ’n groot motiveerder vir werk. ’n Werker se behoefte aan kos dryf hom aan. Vers 27 stel ’n ander groot waarheid: ’n kwaadwillige mens (deugniet, “wicked scoundrel”) grawe slegte goed oor ander op en versprei dit soos ’n verterende vuur.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS