Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 15

Spreuke 3:16-18

Bybelteks(te)

16Die wysheid gee met die een hand 'n lang lewe

en met die ander rykdom en eer.

17Die wysheid bring 'n ryk en 'n vol lewe.

18Dit is 'n bron van lewe vir wie dit aangryp,

dit gaan goed met dié wat daaraan vashou.

SPREUKE 3:16-18AFR83Maak oop in die Bybelleser

Hierdie drie verse bevat nog ’n saligspreking wat by die vorige een aansluit. “Wysheid gee welvaart.” ‘n Wyse lewe kan vir jou geestelike sowel as materiële rykdom gee.

Aan die een kant maak wysheid jou lewe vol van betekenis. Aan die ander kant gee wysheid sukses en invloed.

Wysheid is ’n boom van lewe – let op die verwysing na die boom van lewe in Genesis wat ‘n mens hier kan raaksien – wat impliseer dat wysheid iets van die oorspronklike bedoeling van God vir die mens beskikbaar stel. Wysheid herstel God se beeld in jou. Dit is die moeite werd om jou hele lewe daaraan te wy.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS