Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 158

Spreuke 16:25

Bybelteks(te)

25Daar is 'n lewenswyse wat vir 'n mens reg kan lyk,

maar die uiteinde daarvan is die dood.

SPREUKE 16:25AFR83Maak oop in die Bybelleser

Hierdie vers waarsku weer soos in Spreuke 3:6 en 14:12 dat jy nie jou eie oordeel moet gebruik of ’n pad reg of verkeerd is nie, maar om jou leiding van die Here en sy Woord te ontvang. Selfs al is dit direk in stryd met wat die samelewing goedkeur. “There’s a way that looks harmless enough; look again—it leads straight to hell.” (The Message).

Die Griekse vertaling van die OT vertaal “dood” (māwet) met Hades, dws doderyk of ewige dood. Die waarskuwing om nie jou eie oordeel te gebruik nie, maar God s’n, word op verskeie plekke in Spreuke verder toegelig (vgl Spr 12:15). Daar is die soortgelyke waarskuwing teen onsedelikheid en losbandigheid (vgl Spr 5:3-6; 7:25-27). Die waarskuwing teen kortpaaie (vgl Spr 15:19). Die waarskuwing om nie die onderrig van die wyses te ignoreer nie (vgl Spr 13:14). Die belangrike is nie wat jy self dink oor jou lewenswyse nie, maar hoe God daaroor oordeel.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS