Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 151

Spreuke 16:12-13

Bybelteks(te)

12Konings het 'n afsku van verkeerde dade,

want 'n troon word deur regverdigheid bestendig.

13Eerlike mense geniet die koning se goedgesindheid;

hy hou van mense wat die waarheid praat.

SPREUKE 16:12-13AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 12. ’n Goeie koning word gekenmerk deur ’n regverdige regering wat deur almal as billik en in ooreenstemming met God se morele wette ervaar word. Op die koop toe bevestig regverdigheid sy troon terwyl goddeloosheid ’n gruwel in die oë van die Here is. Vers 13. Om dit te kan doen, moet ’n koning lief wees vir die waarheid en die waarheid praat. Dit dien nie net sy eie belange nie, maar almal in sy koninkryk s’n.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS