Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 150

Spreuke 16:10-11

Bybelteks(te)

10As die koning praat, is dit met Goddelike gesag;

as hy uitspraak lewer, maak hy nie fout nie.

11Die norme vir die regspraak kom van die Here af;

Hy bepaal die maatstawwe.

SPREUKE 16:10-11AFR83Maak oop in die Bybelleser

Salomo vervolg sy waarnemings oor God se werk in gewone mense se lewe. Hy skryf verder oor hoe dit werk in die koning se lewe en regering. Hy teken die kenmerke van ’n ideale koning. Vers 10. Die koning praat met Goddelike gesag. Vers 11. Die koning gebruik God se maatstawwe in die regspraak. Waar dit die geval is, floreer ‘n volk. Waar dit nie die geval is nie, krepeer ‘n volk. In alle gevalle vorm hierdie hele gedeelte (vers 10-15) ons gebede vir leiers en regeerders.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS