Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 149

Spreuke 16:8-9

Bybelteks(te)

8Liewer min hê en reg lewe

as baie inkomste hê deur onreg.

9'n Mens beplan sy pad,

maar die Here bepaal hoe hy loop.

SPREUKE 16:8-9AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 8. Salomo se gevolgtrekking in hierdie perikoop is dat só ‘n lewe – ’n regte lewe – beter is as baie inkomste en die verkeerde verhouding met God en die gemeenskap. Vers 9. En dan sluit Salomo af met die herhaling van vers 1 dat ons planne moet inpas in wat God wil. Dan kan ons verwag om sukses daarmee te behaal.

Geen wonder dat hierdie 9 verse aan die grondslag lê van vele idiome wat deur die eeue hieroor geformuleer is. Uit Eritrea kom dié een: “Man begins; God completes” (“Proverbs”, in Africa Bible Commentary). ‘n Engelse idioom sê: “Man proposes; God disposes.” soos in vele kommentare nagevolg. In Afrikaans is daar: “Die mens wik, maar God beskik.” Paulus sou in Filippense 2:12-13 dit as volg verwoord: “My geliefdes, julle was altyd gehoorsaam wanneer ek by julle was. Des te meer moet julle gehoorsaam wees nou dat ek nie daar is nie. Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe, want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer.”

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS