Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 14

Spreuke 3:13-15

Bybelteks(te)

13Dit gaan goed met die mens wat wysheid gevind het,

wat insig as sy deel ontvang het,

14want dit bring meer winste in as silwer

en lewer 'n groter opbrengs as goud.

15Dit het meer waarde as edelstene;

wat jy ook al as kosbaar beskou,

niks kan daarmee vergelyk word nie.

SPREUKE 3:13-15AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die “vierde lewensles” beslaan die res van hoofstuk 3, hoewel ‘n mens dit ook in kleiner dele of lewenslesse sou kon opdeel. In die eerste deel spel die pa die voordeel van die wysheid uit (Spr 3:13-18) met ’n beklemtoning van ’n vertroue op God se mag (Spr 3:19-20), en in die tweede deel gee hy ‘n paar praktiese voorbeelde van die wysheid in aksie (Spr 3:21-35).

Hierdie drie verse is ook die eerste “saligspreking” in Spreuke met die boodskap: “Wysheid  is beter as Welvaart.” Insig is beter as silwer, goud, en edelgesteentes. Pas jou planne vir die toekoms dus aan om eerder wysheid as welvaart te bekom.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS