Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 148

Spreuke 16:6-7

Bybelteks(te)

6Liefde en trou bring versoening

waar daar verkeerd gehandel is;

kwaad word vermy deur die Here te dien.

7As die Here tevrede is met 'n mens se lewe,

laat Hy selfs so 'n mens se vyande in vrede met hom lewe.

SPREUKE 16:6-7AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 6. Let op die aanbod van versoening – klink heel Nuwe-Testamenties! – as ‘n keuse vir ontsag vir die Here en ‘n lewe van liefde en trou in die gemeenskap gemaak word. Vers 7. Dit ontsluit God se seën in jou lewe wat selfs jou vyande in vrede met jou laat lewe.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS