Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 147

Spreuke 16:4-5

Bybelteks(te)

4Die Here het alles gemaak met 'n doel,

ook die goddelose vir die dag van straf.

5Die Here het 'n afsku van 'n verwaande mens;

dit staan vas: so 'n mens sal nie ongestraf bly nie.

SPREUKE 16:4-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 4 werk met die belofte dat God in beheer is van die eindbestemming en doel van alles. Onthou ook dat God nie van arrogansie en verwaandheid hou nie, mense wat voorgee dat hulle alles weet, terwyl hulle daarmee op God se terrein oortree – vers 5. Uit daardie hoek maak die twee opmerkings oor straf vir die goddelose en die verwaande in vers 4-5 sin, omdat hulle hulself aanmatig om die god van hulle eie lewe te word, en dit hulle buite die ruimte van God se sorg en seën plaas. Hartseer en hard, maar onvermydelik.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS