Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 145

Spreuke 15:33

Bybelteks(te)

33Om die Here te dien, is om onderrig te word in wysheid;

nederigheid kom voor eer.

SPREUKE 15:33AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke onderstreep weer die sentrale tema van die boek. Die vrees van / ontsag vir die Here is “wyse teregwysing”, soos dit in die Hebreeus staan. Dit kan op twee maniere verstaan word. Die ontsag vir die Here kom uit die dissipline van die wysheid. Óf, die dissipline van die wysheid lei tot die ontsag vir die Here. Albei betekenisse is geldig. Die tweede deel van die vers brei daarop uit en wys hoe op soortgelyke wyse een ding tot ’n ander lei: “Nederigheid lei tot eerbetoon.”

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS