Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 144

Spreuke 15:31-32

Bybelteks(te)

31Wie op 'n teregwysing ag slaan, sal lewe

en 'n tuiste vind tussen mense wat wysheid het.

32Wie onderrig in die wind slaan, gee nie om vir homself nie;

wie op 'n teregwysing ag slaan, kry insig.

SPREUKE 15:31-32AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 31. Teregwysing bring of bewaar lewe binne die gemeenskap van die wyses. ’n Leerbare mens is “an honored guest among wise men and women.” (The Message). Vers 32. Die een wat teregwysing verwerp, wys eintlik hoe min hy of sy dink van hulleself. Die een wat luister na teregwysing, groei in onderskeiding van wat reg en verkeerd is.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS