Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 143

Spreuke 15:29-30

Bybelteks(te)

29Die Here is ver van die goddeloses af,

maar Hy hoor die gebed van die regverdiges.

30Stralende oë bring blydskap,

goeie tyding verkwik 'n mens.

SPREUKE 15:29-30AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 29. Soos vroeër in vers 8 belowe Spreuke dat God die gebede van die regverdiges (opregtes) hoor, maar ver is van die goddelose. Soos Jesaja 59:2 sê: “maar julle ongeregtighede het ’n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.” Vers 30. Stralende oë verwys waarskynlik na iemand wat óf vriendelik is met jou (vgl Spr 16:15) óf goeie nuus vir jou bring. Want, goeie nuus, sê die tweede reël: “maak jou bene vet”! Bene staan in dié konteks vir jou hele menswees. Dit beteken dat goeie nuus jou laat goed voel (vgl Jakob in Gen 45:27-28). Dit maak jou gesond (vgl Spr 17:22). ’n Aanmoediging om nooit enigiets goeds van iemand te weerhou nie.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS