Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 142

Spreuke 15:27-28

Bybelteks(te)

27Wie hom verryk ten koste van 'n ander,

maak dat sy gesin verstoot word;

wie omkoopgeskenke weier, sal lewe.

28'n Regverdige mens dink voor hy antwoord;

goddelose mense sê net slegte dinge.

SPREUKE 15:27-28AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 27 waarsku teen die wortel van alle kwaad, gierigheid. Die man wat ten alle koste wins uit ander wil maak, bring moeilikheid vir sy eie huis, want dit gaan gewoonlik gepaard met onreg en geweld wat uiteindelik kan boemerang. Die een wat ’n omkoopgeskenk haat, beskerm sy lewe. Vers 28 prys weldeurdagte woorde. Die regverdige dink eers goed na vóór hy reageer. Die goddelose laat slegte goed onnadenkend uitborrel sonder om oor die gevolge daarvan te dink.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS