Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 141

Spreuke 15:24-26

Bybelteks(te)

24'n Verstandige mens se pad loop boontoe, na die lewe toe;

hy ontkom die doderyk daar onder.

25Die Here breek die hoogmoedige se huis af

en beskerm die grond van die weduwee.

26Die Here het 'n afsku van bose planne;

aangename woorde is vir Hom aanneemlik.

SPREUKE 15:24-26AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 24 is een van die min OT gedeeltes wat direk met die gedagte van die ewige lewe werk. Die pad van die lewe vir wyses loop “boontoe”, dws na die ewige lewe toe. So ontwyk hulle die pad na die doderyk “ondertoe.” Vers 25 beklemtoon die ingrype van die Here om regstelling te bewerk. Hy breek die huis van die hoogmoediges af (vgl sy optrede teen Agab in sy vergryp aan Nabot se wingerd in 1 Kon 21) en beskerm die grond van die weduwees (’n groep wat ernstig uitgebuit is in antieke tye). Vers 26 beklemtoon die woorde wat die Here se goedkeuring wegdra. Bose planne is vir Hom afskuwelik. Vriendelike woorde is rein, ’n aanduiding van wat in die hart van só ’n persoon aangaan.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS