Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 140

Spreuke 15:22-23

Bybelteks(te)

22Waar daar nie beraadslaging is nie, slaag planne nie;

dit slaag wanneer daar baie raadgewers is.

23'n Mens vind vreugde daarin as hy die antwoord het;

wat is beter as die regte woord op die regte tyd?

SPREUKE 15:22-23AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 22. Vir ’n plan om te slaag, het jy al die raad nodig wat jy kan kry. Dit voorkom eensydigheid en bevorder verantwoordbaarheid (vgl Spr 11:14). Vers 23. Daar is min dinge so lekker as wanneer jy ’n gepaste antwoord kan gee, want “wat is beter as die regte woord op die regte tyd?”

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS