Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 139

Spreuke 15:20-21

Bybelteks(te)

20'n Wyse seun maak sy ouers bly,

'n dwase mens minag hulle.

21Iemand wat verstand kortkom,

vind vreugde in sy dwaasheid;

'n mens met insig leef reg.

SPREUKE 15:20-21AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 20. ’n Wyse seun maak sy pa bly. ’n Dwase seun verag sy ma (vgl Spr 10:1). Vers 21. Iemand wat nie sy vermoë ontwikkel om wyse keuses te maak nie, is tevrede met enige dwase ding. Iemand wat wysheid ontwikkel, loop ’n reguit pad.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS