Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 13

Spreuke 3:11-12

Bybelteks(te)

11My seun, aanvaar die straf wat van die Here kom

en moet jou nie teen sy teregwysing verset nie,

12want die Here straf die mens wat Hy liefhet

net soos 'n vader doen met sy seun.

SPREUKE 3:11-12AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die pa herinner sy seun laastens daaraan dat God dié dissiplineer wat Hy liefhet. Daarom moet hy die straf en teregwysing van die Here aanvaar. Dissipline bevestig sy kindskap, die sesde aspek van hierdie les. Dit is ’n gedagte wat die Hebreërskrywer ook op ons eie geestelike lewe van toepassing maak (Hebr 12:5-6). Lyding ter wille van die evangelie is ’n teken dat jy aan die geloofsgemeenskap behoort! “It’s the child he loves that GOD corrects; a father’s delight is behind all this.” (The Message).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS