Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 138

Spreuke 15:18-19

Bybelteks(te)

18'n Humeurige mens soek skoor;

'n verdraagsame mens maak rusies uit die wêreld.

19'n Luiaard se pad is met dorings besaai;

'n opregte mens het 'n gelyk pad.

SPREUKE 15:18-19AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 18 verwoord die waarheid dat rusies baie meer oor die mense wat betrokke is, gaan, as oor waaroor hulle twis of stry. ’n Driftige mens soek skoor. ’n Geduldige mens bring bedaring. “Peacemakers carry about with them an atmosphere in which quarrels die a natural death.” (Archibald). Vers 19. Luiheid maak enige vordering moeiliker. Opregtheid maak alles uiteindelik makliker.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS