Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 137

Spreuke 15:15-17

Bybelteks(te)

15Dit gaan altyd sleg met 'n bedrukte mens;

die blymoedige mens se hele lewe is 'n fees.

16Liewer min hê en die Here dien

as groot rykdom en bekommernis daaroor.

17Liewer net 'n bietjie groente en liefde daarby

as 'n vetgemaakte os en haat daarby.

SPREUKE 15:15-17AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 15 wys hoe ’n mens se algemene houding jou ervaring kleur. As jy bedruk is, lyk alles sleg. As jy opgewek is, lyk alles goed. Vers 16 wys dat baie besittings nie opmaak vir ’n gebrek aan God se teenwoordigheid nie. Vers 17 wys dat dit ook waar is in ’n verhouding. ’n Mens is tevrede met groente as jy liefde beleef. Die beste kos maak nie op vir onvrede in ’n verhouding nie.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS