Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 136

Spreuke 15:12-14

Bybelteks(te)

12'n Ligsinnige mens hou nie daarvan

dat hy tereggewys word nie;

hy word nie 'n wyse mens nie.

13Blydskap laat 'n mens se gesig straal;

smart maak 'n mens terneergedruk.

14'n Verstandige mens is op soek na kennis;

'n dwaas voed homself met dwaasheid.

SPREUKE 15:12-14AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 12. ’n Spotter (ligsinnige mens) is sy eie grootste vyand. Hy haat teregwysing. Daarom sal hy nooit wysheid kan leer nie. Vers 13. Vrolike gedagtes laat jou glimlag. Hartseer gedagtes druk jou te neer. Vers 14. ’n Verstandige mens fokus op dinge wat sy kennis kan vermeerder. ’n Dwaas ontwikkel ’n al hoe groter aptyt vir dwaasheid.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS