Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 135

Spreuke 15:11

Bybelteks(te)

11Vir die Here is die doderyk

en die onderaardse diepte nie verborge nie,

hoeveel minder die gedagtes van mense.

SPREUKE 15:11AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke verkondig die waarheid dat God alsiende en alwetend is. Selfs die doderyk en die onderaardse diepte – Sheol (Ps 139:8) en Abbadon (vgl Openb 9:11) – lê oop voor die Here. Hoeveel te meer die harte van die mense. Dit is ’n gerusstelling vir die regverdiges. ’n Bron van angs vir die goddeloses.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS