Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 134

Spreuke 15:8-10

Bybelteks(te)

8Die Here het 'n afsku van die offers van goddeloses,

maar Hy aanvaar die gebede van opregtes.

9Die Here het 'n afsku van die lewenswyse van goddeloses;

maar Hy het dié lief wat volgens sy wil lewe.

10Wie die regte pad verlaat, sal swaar gestraf word;

wie teregwysing haat, sal sterf.

SPREUKE 15:8-10AFR83Maak oop in die Bybelleser

Kidner som vers 8-9 só op: “Divine disgust. Divine delight.” Vers 8. Opregtheid is die geheim voor God. Die offers van die goddelose is afskuwelik vir God. Dit is ’n gruwel (abomination). Die gebede van die regverdige geniet egter sy goedkeuring. Vers 9. Die lewenswyse van die goddelose is eweneens afskuwelik vir God. God het egter die een lief wat reg en geregtigheid najaag. Vers 10. ’n Streng straf is gepas vir dié wat die regte pad verlaat. Dié wat egter teregwysing haat, sal sterwe.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS