Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 133

Spreuke 15:5-7

Bybelteks(te)

5'n Dwaas verag wat sy vader hom leer;

wie hom laat teregwys, is verstandig.

6In die huis van die regverdige is daar groot rykdom;

die inkomste van die goddelose is vir hom tot nadeel.

7Wyse mense versprei kennis met wat hulle sê;

dwase het verdraaide opvattings.

SPREUKE 15:5-7AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 5. Dit is net ’n sot wat dink hy weet alles en nie na sy pa se teregwysing luister nie. Die seun wat egter luister, word wys. Vers 6. ’n Regverdige kan sy sukses geniet. ’n Goddelose se opbrengs bring ongeluk (vgl Akan in Jos 7). Vers 7. Jy kan leer by wyse mense, maar dwase verdraai alles.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS