Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 131

Spreuke 15:1-3

Bybelteks(te)

1'n Sagte antwoord laat woede bedaar;

'n krenkende woord laat woede ontvlam.

2Die woorde van wyse mense maak kennis iets begeerliks;

dwase mense sê net dwase dinge.

3Die Here sien oral;

Hy hou slegte en goeie mense dop.

SPREUKE 15:1-3AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ons kom in Spreuke 15-16 waarskynlik by ‘n teologiese dieptepunt in die boek Spreuke. Nie net word die naam van die Here hier meer kere gebruik nie (20 keer uit die 111 keer wat Jahwe, God se persoonsnaam, in Spreuke gebruik word), maar die temas het ook spesifiek met God se teenwoordigheid en betrokkenheid in ons lewens te make. Daar is in hierdie gedeelte 2 goue drade wat die onderskeie tekste op ‘n manier aan mekaar verbind:

  1. 1.Woorde maak saak, en
  2. 2.God maak saak.

Dit is dan ook twee van die goed waarop ‘n mens in jou lewe moet fokus: wat en hoe jy dinge sê, en met Wie jy rekening hou.

Vers 1 is ’n baie bekende spreuk. Dit gee raad vir die hantering van woede. ’n Sagte antwoord laat woede bedaar. ’n Krenkende woord – hard, ongenaakbaar, bedoel om seer te maak – laat die woede verder ontvlam. Vers 2 brei daarop uit. Wyse woorde is verantwoordelik. Dwase woorde onverantwoordelik. Vers 3 plaas dit alles onder die toesig van die Here. Hy sien alles raak. Hy hou dop wat mens doen of dit goed is of sleg (vgl dit met vers 8-9 en 11 vir verdere opmerkings hieroor). 2 Kronieke 16:9 pas ook perfek hierby. God se oë deurkruis die hele aarde om dié te help wat op Hom vertrou.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS