Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 130

Spreuke 14:34-35

Bybelteks(te)

34Gehoorsaamheid aan die Here laat 'n volk sterk staan;

sonde bring skande oor 'n volk.

35'n Verstandige amptenaar geniet die guns van die koning;

een wat skande maak, maak hom kwaad.

SPREUKE 14:34-35AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 34 kontrasteer geregtigheid en sonde. Waar leiers en die gemeenskap fokus daarop om God se wil in alles te doen, trek almal voordeel daaruit. Die nasie word verhoog onder die nasies. Waar sonde egter toegelaat word om onbeperk vastrapplek te kry, word dit as ’n skande gereken onder al die nasies. Vers 35 kontrasteer die onderdane van ’n koning. Dié wat verstandig optree, geniet die guns van die koning. Dié wat skandes maak, kom onder sy oordeel.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS