Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 129

Spreuke 14:32-33

Bybelteks(te)

32Die goddelose kom tot 'n val deur sy boosheid;

die regverdige het 'n toevlug, ook in sy dood.

33In 'n verstandige gemoed pas die wysheid goed in;

by dwaasheid is dit nie tuis nie.

SPREUKE 14:32-33AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 32 kontrasteer die goddelose en die regverdige in terme van hulle uiteinde. Die goddelose se boosheid haal hom in en laat hom ondergaan. Die regverdige het ’n toevlug in sy dood, ’n verskuilde manier om oor die ewigheid te praat. Vers 33 in die 1983-vertaling moet eerder soos volg vertaal word: “Wysheid rus in die hart van ’n verstandige; selfs onder dwase sal dit bekend raak.”

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS