Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 12

Spreuke 3:9-10

Bybelteks(te)

9Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit

en met die beste uit jou oes,

10dan sal jou skure oorvol wees

en jou parskuipe oorloop van die wyn.

SPREUKE 3:9-10AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die pa leer sy seun ook dat hy die Here met offerandes moet vereer. Dit laat ‘n mens ervaar dat God jou met oorvloed seën, die vyfde aspek van hierdie les. Hoe mooi is hierdie verse nie deur Peterson weergegee nie: “Honor GOD with everything you own; give him the first and the best. Your barns will burst, your wine vats will brim over.” (The Message). Dit is ’n opdrag en ’n belofte. Vir jou!

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS