Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 128

Spreuke 14:30-31

Bybelteks(te)

30'n Kalm gemoed hou die liggaam gesond;

hartstog vreet 'n mens op.

31Wie 'n arm mens verdruk, beledig sy Maker;

wie hom oor 'n arm mens ontferm, eer God.

SPREUKE 14:30-31AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 30 kontrasteer die liggaamlike gevolge van innerlike beheerstheid of onbeheerstheid. ’n Kalm hart (“composed heart”) hou jou liggaam gesond. Naywer – ’n begeerte na iets wat buite jou bereik is – vreet jou van binne-af op (vgl Pred 4:4; Job 5:2: “onbeheerstheid”).

Interessant, dieselfde woord (qinʾâ) word gebruik in ’n positiewe sin as jy ’n “ywer” het vir iets wat goed en reg is (vgl 2 Kon 10:6; Hoogl 8:6). Dit word selfs vir God se begeerte na sy mense gebruik (vgl 2 Kon 19:31: “sy onverdeelde trou”).

Vers 31 kontrasteer die geestelike gevolge van jou gedagtes oor en gedrag teenoor armes en behoeftiges. As jy ’n arme verdruk (uitbuit, verontreg of selfs beledig), vervloek jy sy Maker. As jy ’n behoeftige genadig is (jou “gratis” oor hom ontferm, vriendelik behandel, veral as hy jou nie kan terugbetaal nie) eer jy God.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS