Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 125

Spreuke 14:25

Bybelteks(te)

25'n Betroubare getuie red lewens;

die een wat leuens kwytraak, maak alles vals.

SPREUKE 14:25AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke kontrasteer waarheid (ʾĕmet) en valsheid (mirmâ) in ’n regsomgewing: “’n Betroubare getuie red lewens. Hy wat leuens versprei, is vals.” ’n Onkreukbare, eerlike getuie is goud werd wanneer jy valslik aangekla word. Iemand wat bereid is om leuens “uit te blaas” (letterlik in die Hebreeus) vir jou saak, kan egter net sowel teen jou draai. Want, leuens besoedel jou hele menswees. Jy raak vals. Trouens, jy is vals, sê Spreuke. Soos Derek Kidner opmerk: “A man who will trim the facts for you will trim them as easily against you; and a career or a life may hang on a word.”

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS