Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 126

Spreuke 14:26-27

Bybelteks(te)

26Wie die Here dien, het daarin 'n veilige toevlug,

en ook sy kinders vind daar skuiling.

27Wie die Here dien, vind daarin 'n bron van lewe;

dit laat jou die strikke van die dood ontkom.

SPREUKE 14:26-27AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke fokus regdeur sterk op die “vrees van die Here.” Die frase word 22 keer in Spreuke gebruik (ek gee ’n lys van verwysings aan die einde as jy dit wil nagaan). Dit is die mees fundamentele basis van die wysheid. Wysheid lê nie in ons denke nie. Wysheid lê nie in die filosofie, godsdiens of wetenskap nie. Dit lê selfs nie in wat ons doen nie. Wysheid lê in die “ontsag” vir God. Wanneer jy Hom vrees, begryp jy die sin en betekenis van die lewe. Weet jy wat reg is, en wat verkeerd. Weet jy wat om te dink en doen.

Vers 26 wys hier op die sterk sekerheid en vertroue wat ’n mens vind in die vrees vir die Here. Dit is ’n toevlug (soos ’n fort) vir jouself en jou kinders. Vers 27 wys op die vrug van die vrees van die Here. Dit is ’n fontein van die lewe wat jou help om die strikke van die dood (of dodelike strikke) te ontwyk (vgl Spr 1:7; 1:29; 2:5; 3:7; 8:13; 9:10; 10:27; 13:13; 14:2; 14:16; 14:26; 14:27; 15:16; 15:33; 16:6; 19:23; 22:4; 23:17; 24:21; 28:14; 29:25; 31:30).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS