Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 123

Spreuke 14:20-21

Bybelteks(te)

20'n Arm mens word selfs deur sy buurman verstoot;

'n ryk man het baie vriende.

21Wie sy naaste verag, doen sonde;

wie medelye het met die mens in nood, met hom gaan dit goed.

SPREUKE 14:20-21AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke wys vir ons hoekom ’n mens die Bybel altyd in konteks moet lees. Lees jy net vers 20 op sy eie sal jy dink dat om armes te haat, reg is, en dat jy ten alle koste ryk moet word sodat jy baie vriende kan hê. Maar, as jy dit saam met vers 21 lees, kom jy agter hoe verkeerd só ’n interpretasie is. Dit is sonde om jou naaste te verag, sê Spreuke, maak nie saak wat sy lewensomstandighede is nie. Let ook op dat vers 21 nie sê dat deernis met ellendiges jou regverdig maak nie. Nee, deernis maak jou gelukkig! Vers 20 is dus ’n beskrywing van die normale toedrag van sake in die samelewing. Vers 21 is die kritiek daarop, en wys die weg van deernis vir jou aan. “It’s criminal to ignore a neighbor in need, but compassion for the poor—what a blessing!” (The Message). Vers 31 sal nog terugkom hierop en deernis met armes in ’n geestelike konteks plaas.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS