Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 122

Spreuke 14:17-19

Bybelteks(te)

17Wie kort van draad is, begaan dwaashede;

'n agterbakse mens maak hom gehaat.

18Mense wat ervaring kortkom, sit met hulle eie dwaasheid;

verstandige mense word met kennis bekroon.

19Slegte mense moet voor goeies buig,

goddeloses moet buig wanneer 'n regverdige by sy huis uitkom.

SPREUKE 14:17-19AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 17 verkondig die algemene waarheid dat opvlieënde, driftige mense maklik dwaas optree. Hulle doen voor hulle dink. Hulle reageer op hulle emosies nie op die feite van ’n saak nie. Maar, agterbakse slinkse mense is eintlik nog slegter af, want mense haat hulle slinkse skemas. Vers 18 brei op die spreuk van vers 15 uit en kontrasteer weer onkunde met onderskeiding. ’n Onkundige versamel dwaashede as erfenis. ’n Verstandige versamel kennis van wat reg en wat verkeerd is as nalatenskap. Vers 19 kontrasteer slegtes en goddeloses met goeies en regverdiges. Goeies en regverdiges dwing respek af by slegtes en goddeloses, selfs al is dit onwillig of onbewustelik. Dit het ’n invloed selfs in die publieke arena. Dink aan die slegte Haman wat voor die opregte Mordegai moes buig (Ester 6:11).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS