Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 121

Spreuke 14:15-16

Bybelteks(te)

15Wie ervaring kortkom, glo alles wat gesê word;

'n verstandige mens oorweeg elke tree wat hy gee.

16Wie wysheid het, is versigtig en vermy die kwaad;

wie wysheid kortkom, is roekeloos en selfversekerd.

SPREUKE 14:15-16AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 15 kontrasteer onkunde met onderskeiding. ’n Intellektueel of moreel naïewe persoon glo alles wat gesê word sonder om dit te verifieer. ’n Verstandige persoon oorweeg egter nie net die woorde nie, maar elke stap wat hy of sy gee. Vers 16 kontrasteer die wyse en die dwaas. Die wyse vrees die gevolge van die kwaad en draai weg daarvan. Die dwaas ignoreer alle grense in roekelose selfversekerdheid.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS