Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 120

Spreuke 14:13-14

Bybelteks(te)

13'n Mens kan lag terwyl hy treur,

die uiteinde van vreugde kan kommer wees.

14'n Onbetroubare mens kry sy verdiende loon;

'n goeie mens ontvang meer as sy beloning.

SPREUKE 14:13-14AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 13 is eerlik oor die bitter-soet relatiwiteit van vreugde en hartseer. Jy kan lag met ’n traan. Jou vreugde kan in smart eindig. Dit is waarom vers 14 so belangrik is. ’n Afvallige (’n onbetroubare mens wie se hart wegdraai van die Here, ’n “backslider”, iemand met ’n “wayward heart”, soos die oorspronklike daarvan praat) kry sy verdiende loon. Hy is uiteindelik alleen, sonder God, terwyl ’n goeie mens – een wat sy vertroue op God plaas – versadig word in sy teenwoordigheid (vgl ook Spr 9:12).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS