Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 118

Spreuke 14:9-10

Bybelteks(te)

9Die skuldoffer wat deur dwase gebring word, maak hulle bespotlik;

mense wat opreg lewe, geniet die guns van God.

10Net 'n mens self ken die bitterheid van sy eie gemoed,

en ook in sy vreugde kan niemand anders voluit deel nie.

SPREUKE 14:9-10AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 9 kan letterlik vertaal word as: “Elke sot spot met sondeskuld; Opregtes geniet genade.” Dit beteken aan die een kant, dwase is glad nie bekommerd oor watter verkeerde dinge hulle doen nie: “The stupid ridicule right and wrong.” (The Message). Aan die ander kant, opregtes wil graag die regte ding doen, en geniet God se genade: “A moral life is a favored life.” (The Message).

Vers 10 sê dat niemand anders regtig jou diepste gevoelens kan verstaan of deel nie. Gevoelens – bitterheid en vreugde – is baie persoonlik. Die laaste deel van die vers kan ook só verstaan word dat jy net iemand se vreugde sal verstaan as jy nie ’n vreemdeling vir hom of haar is nie, anders sal jy: “’n buitestaander wees by hulle blydskap.”

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS