Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 117

Spreuke 14:7-8

Bybelteks(te)

7Vermy 'n dwase mens;

jy sal nie by hom leer om verstandig te praat nie.

8Die wysheid van 'n verstandige mens wys vir hom 'n duidelike koers aan;

die dwaasheid van 'n dwase mens maak alles vals.

SPREUKE 14:7-8AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke waarsku teen dwase as vriende, want jy sal niks by hulle leer nie. Wysheid is soos ’n kompas wat die regte koers aandui (vgl Spr 21:29 – Eerlikheid hou jou op daardie pad). Dwaasheid is misleidend. Dit mislei selfs die dwaas.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS