Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 116

Spreuke 14:5-6

Bybelteks(te)

5'n Betroubare getuie lieg nie;

'n vals getuie vertel een leuen na die ander.

6Al soek 'n ligsinnige mens wysheid, hy kry dit nie;

'n verstandige mens doen maklik kennis op.

SPREUKE 14:5-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke waarsku teen leuenagtigheid en ligsinnigheid. Regdeur Spreuke word die destruktiewe effek van die bedrog van leuens uitgewys. Dit stook rusie tussen broers (vgl Spr 6:19; 24:28). Dit maak alles vals en besoedel jou karakter (vgl Spr 12:17; 14:25). Dit bring jou in die moeilikheid vgl (Spr 19:5,9; 21:28).

Leuens is soos ’n knopkierie waarmee jy iemand slaan, of ’n swaard waarmee jy iemand steek, of ’n skerp pyl waarmee jy iemand skiet (vgl Spr 25:18). Ligsinnigheid is net so erg (vgl Spr 13:1). Dit dui op iemand wat met geen respek praat van ander en wat vir hulle belangrik is nie.

Spreuke gebruik die woord “spotter” vir so iemand. Dit is iemand wat spot met wat vir ander heilig is; wat wysheid op ’n arrogante, siniese manier minag. Hulle het geen waardering vir wyse woorde nie, ook nie dié van teregwysing nie. Die tragiese gevolg is dat ’n spotter soms vir wysheid sal soek, maar dit nie vind nie. Terwyl ’n wyse baie maklik kennis bekom.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS