Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 115

Spreuke 14:3-4

Bybelteks(te)

3Die verwaande woorde van die dwaas bring vir hom straf;

die woorde van wyse mense beskerm hulle.

4As daar nie osse is nie, is die voerkrip leeg;

met net een goeie os bring jy 'n groot oes in.

SPREUKE 14:3-4AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke praat in vers 3 oor woorde wat gevolge het. Dwase woorde is soos ’n boemerang wat die dwaas self skade berokken. Dit is daarom dié instrument om ’n dwaas te dissiplineer. Wyse woorde is op teenoorgestelde wyse die instrument om ’n wyse te beskerm. Dit berokken hom geen skade nie. Vers 4 praat nie net oor die ekonomiese voordeel om ’n os te hê teenoor iemand wat dit nie het nie. Dit leer ons ook om te aanvaar dat jy agter ’n os sal moet skoonmaak om die voordeel van ’n groot oes te geniet.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS