Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 114

Spreuke 14:1-2

Bybelteks(te)

1'n Wyse vrou sorg vir haar huis;

'n vrou sonder wysheid breek alles af.

2Wie opreg lewe, dien die Here;

wie krom paaie loop, het nie eerbied vir die Here nie.

SPREUKE 14:1-2AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 1 kontrasteer die wysheid van vroue met ander se dwaasheid. Meer letterlik vertaal: “Die wysheid van vroue bou haar huis, die dwaasheid breek dit eiehandig af.” ’n Mens kan wysheid hier metafories verstaan soos in Spreuke 9:1. Óf moontlik as ’n beskrywing van “vroulike wysheid” wat ’n vrou in staat stel om ’n tuiste te skep. Vers 2 leer ons dat ’n opregte lewe bewys dat jy vir God ontsag het. ’n Perverse morele lewe bewys dat jy God minag, maak nie saak wat jy sê nie. Jou gedrag openbaar jou geloof.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS