Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 113

Spreuke 13:24-25

Bybelteks(te)

24Wie sy seun nie straf nie, het hom nie lief nie;

as hy hom liefhet, sal hy hom straf wanneer dit nodig is.

25Die regverdige het meer as genoeg om te eet;

goddelose mense bly honger.

SPREUKE 13:24-25AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke praat in vers 24 oor dissipline en in vers 25 oor begeertes. Meer letterlik vertaal, lui vers 24: “Wie sy staf terughou, haat sy seun, maar wie hom liefhet, sorg dat hy gedissiplineer word.” Die “staf” (šēbeṭ) verwys na die houtstok wat gebruik is as “wandelstok”, as “herderstaf” vir skape en as “roede” om te dissiplineer. “Sorg” is my vertaling van die woord šōḥēr wat ook in die betekenis van “dophou”, “soek”, of “ondersoek” gebruik kan word. Vers 25 gaan nie soseer oor matigheid nie, maar oor tevredenheid. Die regverdige word versadig. Die goddelose bly honger.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS