Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 111

Spreuke 13:17-19

Bybelteks(te)

17'n Onbetroubare boodskapper kom in die moeilikheid;

'n gesant op wie jy kan staatmaak, stel sake weer reg.

18Armoede en vernedering wag vir iemand

wat hom nie wil laat leer nie,

wie 'n teregwysing ter harte neem, word geëer.

19'n Begeerte wat vervul is, bring vreugde.

Dwase het 'n afkeer daarvan om kwaad te vermy.

SPREUKE 13:17-19AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke kontrasteer in vers 17 twee tipe boodskappers. ’n Goddelose onbetroubare een met ’n betroubare een. Die onbetroubare een steur hom of haar nie aan die inhoud van die boodskap nie, en kom daarom self in die moeilikheid. Die betroubare een bring egter genesing vir dié wat daarna luister. Vers 18 kontrasteer verskillende houdings oor leerbaarheid. Die een wat teregwysing verwerp, loop die gevaar van armoede en skande. Die een wat teregwysing aanvaar, word geëer. Leerbaarheid is dus die verskil tussen iemand wat gesag afdwing en iemand wat voete van klei het. Vers 19 belig nog ’n kant van begeertes wat alreeds in vers 12 uitgelig is. Vervulde begeertes is soet vir die siel. Die kontras met die dwase impliseer natuurlik “goeie” begeertes. Want, die teendeel is waar vir die dwase. Hulle geniet goddeloosheid en kry dit nie reg om daarvan af te wyk nie.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS