Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 110

Spreuke 13:15-16

Bybelteks(te)

15Iemand wat goeie insig het, geniet goedgesindheid;

die pad van onbetroubare mense lei tot vernietiging.

16Alles wat 'n verstandige mens doen, word met kennis gedoen;

wie nie wysheid het nie, begaan een dwaasheid na die ander.

SPREUKE 13:15-16AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 15 se eerste deel is maklik om te vertaal: “Goeie insig bring goedgesindheid.” Die tweede deel is nie so maklik nie. Die 1983-vertaling is ’n goeie keuse op grond van die LXX, die Griekse vertaling van die OT: “Die pad van ontroues lei tot vernietiging.” Dit sou ook weergegee kan word as: “Die pad van ontroues hou nie stand nie.” Vers 16 kontrasteer die karakter van ’n verstandige mens met ’n dwaas. Die verstandige se dade spreek van deurleefde kennis en oorleg. Die dwaas begaan een sotheid na die ander. “A fool displays his folly.” (NET).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS