Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 109

Spreuke 13:12-14

Bybelteks(te)

12'n Verwagting wat nie uitkom nie, maak 'n mens mismoedig;

'n begeerte wat vervul word, bring nuwe lewe.

13Wie hom nie aan die woorde van die Here steur nie,

sal die gevolge dra;

wie eerbied het vir sy gebooie, sal die goeie vrugte pluk.

14Wat wyse mense jou leer, is 'n bron van lewe;

dit laat jou die strikke van die dood vermy.

SPREUKE 13:12-14AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 12 stel eers die algemene waarheid dat ’n onvervulde hoop jou hart siek kan maak, en ’n vervulde wens jou lewensvreugde sal gee. Dit is soos ’n boom van lewe. Die volgende twee verse, vers 13-14, kontrasteer iemand wat hom steur aan die woorde, gebooie en onderrig van die Here, sowel as wyse mense, en iemand wat dit nie doen nie. Vir albei is daar gevolge. Die een wat leerbaar is, sal goeie vrugte dra. Die een wat onleerbaar is, sal dit ontgeld in die strikke van die dood. McKane sê in sy kommentaar op Spreuke, die dood word hier soos ’n jagter geteken wat diegene wat die woord verwerp, in sy valstrik vang, en wegdra na die doderyk.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS