Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 107

Spreuke 13:9-10

Bybelteks(te)

9Die lewe van die regverdiges is vol vreugde;

die lewenslig van die goddeloses word uitgedoof.

10Selfverheffing lei altyd tot twis;

dié wat goeie raad aanneem, het wysheid.

SPREUKE 13:9-10AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke kontrasteer in vers 9 weereens die regverdiges met die goddeloses. In die oorspronklike staan daar letterlik: “die lig van regverdiges brand helder”. ‘n Mens kan ook vertaal: “straal vreugde uit”. Daarteenoor: “die lamp van goddeloses word uitgedoof”.

Regverdiges (ṣaddîqim) is Bybels gesproke mense wie se gedrag aan die eise van die wet beantwoord (vgl Ps 1:2). Goddeloses (rĕšāʿîm) is mense wat die wet oortree (vgl Ps 1:1).

In die NT het Jesus die eise van die wet namens ons nagekom sodat elkeen wat in Hom glo regverdig verklaar kan word (vgl Rom 1:17). God se toorn bly egter oor die wat in goddeloosheid en ongeregtigheid volhard (vgl Rom 1:18).

Dieselfde kontras kom voor in vers 10 tussen mense wat hulle self verhef (arrogante vermetelde mense wat minagting vir die menings van ander het) en mense wat luister na raad. Selfverheffing lei tot rusies. Leerbaarheid lei tot wysheid.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS